Loopbaangeleenthede

Die Tuinroete Agri Groep beskik tans oor 401 werknemers wat in 19 bedryfsareas aangewend word. Daar word voortdurend verseker dat die Menslike Hulpbronne beleide en prosedures, waardes soos toegewydheid en lojaliteit by werknemers vestig. Werknemer opleiding en ontwikkeling is ‘n strategiese prioriteit wat bydra tot bekwame werknemer aanstelling, motivering, beloning en behoud. In die periode onder oorsig het 25 leerders 3 leerlingskappe onder die vaandel van die AgriSeta voltooi en ook verskeie ander opleidingsinisiatiewe is suksesvol voltooi.

Die Groep bied onder andere ‘n gewaarborgde vergoedingspakket en kort en lang termyn aansporingskemas sodat ‘n gemotiveerde en gedrewe werkerskorps gevestig kan word.

Die Groep ondersteun en voldoen aan die vereistes van die Wet op Gelyke Geleenthede, Nr 55 van 1998 en bevorder gelykheid en regverdigheid in die werksplek.



Die volgende poste is tans beskikbaar:



Daar is tans geen vakante posisies nie.

No items found.