
Takbestuurder / Branch Manager: Frans Smith
Adres / Address: Posbus 486, Hanoissingel, Plettenbergbaai 6600
GPS: -34.063356, 23.367053
Tel: 0445330495 | Faks / Fax: 0445330493 | Epos / Email: fsmith@tagri.co.za
Tuinroete Agri Plettenbergbaai is geleë in die immergroen Piesangvallei en is bekend aan landbouers en plaaslike inwoners vir die wye verskeidenheid produkte wat die tak bied. Vakansiegangers besoek graag ons deli afdeling vir snoek, droë vrugte, vrugtesappe, wyne en kamp- en buitelewe produkte. Besoek ons gerus vir vee- en perdevoer, tuinbou- en troeteldierprodukte, veemedisyne, besproeiingstoerusting, pompe, watertenks, omheining, boumateriaal, verf, skoonmaakmiddels, klerasie, hardeware en gereedskap. Die tak verskaf diesel asook huishoudelike-en industriële gas.
Kliënte kom gereeld terug vir die plaasatmosfeer, die reuk van lusern en die vriendelike en kundige personeel.
Weeksdae: 7:30-17:00
Saterdae: 8:00-13:00
