
Takbestuurder: Hannie Strydom
Adres: Pk, Noll 6462
GPS: -33.770431, 22.882358
Tel: 0447451277 | Faks: 0447451209 | Epos: hstrydom@tagri.co.za
Tuinroete Agri Noll is geleë op die N9 roete tussen George en Uniondale. Die tak bedien hoofsaaklik die landbougebied van Noll, Bo Kammanassie, Joncksrus en Gansekraal. Toeriste besoek ons tak ook graag.
Die streek is bekend vir sy mooi natuurskoon en is baie gewild vir 4 x 4 roetes. Vanaf die hoogste bergspits in die area kan jy die branders in Knysna sien breek.
Tuinroete Agri Noll verskaf hoofsaaklik landboubenodigdhede soos brandstof, besproeiingstoerusting, gas, boumateriaal, verf en klerasie en skoene vir plaaswerkers, Ons is TROTS Tuinroete Agri personeel wat daarna streef om elke kliënt met respek en kundigheid te bedien.
Vanaf April tot einde September weeksdae: 8:00-17:00
Vanaf Oktober tot einde Maart weeksdae: 7:30-17:00
Saterdae gesluit
