
Takbestuurder / Branch Manager: Johan Myburgh
Adres / Address: Posbus 16, Stasiestraat, Misgund 6440
GPS: -33.753525, 23.494469
Tel: 0422751409 | Faks / Fax: 0422751144 | Epos / Email: jmyburgh@tagri.co.za
Tuinroete Agri Misgund is die tuiste vir gehalte plaasbenodigdhede vir die landbouer wat u sak sal pas. Die tak fokus op die verskaffing van brandstof, huishoudelike- sowel as industriële gas, besproeiingsprodukte, algemene skoonmaakmiddels, veiligheidstoerusting en -klerasie, boumateriaal, verf, veevoer asook bakbenodighede.
Ons bekwame personeel staan reg om u van advies rakende ons wye produkreekse te bedien. Kom besoek ons gerus vir persoonlike en vriendelike diens. Ons sal uit ons pad uit gaan om u tevrede te stel en wil graag kwoteer op projekte en u ook graag op u plaas besoek.
Vanaf April tot einde September weeksdae: 8:00-17:00
Vanaf Oktober tot einde Maart weeksdae: 7:30-17:00
Saterdae gesluit
