
Takbestuurder / Branch Manager: Mervyn Schamrel
Adres / Address: Posbus 4, Hoofweg, Avontuur 6490
GPS: -33.728639, 23.169478
Tel: 0447523004 | Faks / Fax: 0447523272 | Epos / Email: mschamrel@tagri.co.za
Tuinroete Agri Avontuur is geleë langs die R62 in die pragtige appelboorde van die Langkloof. Dit is by die laaste brandstofpunt voor die Prince Alfredpas met sy besienswaardighede op die R339 na Knysna of Plettenbergbaai. By Avontuur laat toeriste graag hul 4x4 voertuie luier en kyk na die Appeltreintjie wat nou 'n permanente staanplek hier gekry het.
Vanaf April tot einde September weeksdae: 8:00-17:00
Vanaf Oktober tot einde Maart weeksdae: 7:30-17:00
Saterdae gesluit
