
Takbestuurder / Branch Manager: Herkie Koekemoer
Adres / Address: Stasiestraat, Albertinia, 6695
GPS: -34.210397, 21.584319
Tel: 0287351094 | Faks / Fax: 0287351094 | Epos / Email: herkie@tagri.co.za
Tuinroete Agri Albertinia is geleë digby die N2 tussen Mosselbaai (60 km) en Riversdal (45 km). Die tak bedien n area vanaf Gouritsmond tot teen die Langeberge en verskaf grootliks veevoere, veeartseny produkte, verf, besproeiing, loodgietersware en ‘n verskeidenheid hardeware vir boerdery en die nutsman. Ons verskaf brandstof op die perseel teen kompeterende pryse aan die publiek. Die boerderyvertakkings in die distrik bestaan grootliks uit akkerbou, aalwyne, suiwel, vee en volstruise.
Tuinroete Agri Albertinia beskik ook oor Silo’s vir die opberging van graan. Die tak beskik verder ook sy eie kleingraanverpakkingsaanleg wat onder andere pluimveekos,’n tuinvoël-, wildevoël- en papegaaimengsels, gebreekte mielies en ‘n spesiale duiwemengsel versprei.
Weeksdae:7:30 – 17:00
Saterdae: 8:00-12:00
Maandae-Donderdae: 7:30-13:00 en 13:30-17:00
Vrydae: 7:30-13:00 en 13:30-16:00
Saterdae: gesluit
