Kredietverskaffing


Die kredietbeheerafdeling is gesentreer by die Maatskappy se hoofkantoor in Mosselbaai, maar aansoekvorms vir nuwe rekeninge is beskikbaar by alle takke.

MAANDELIKSE REKENINGE is onderhewig aan rente indien die rekening nie binne 30 dae vanaf datum van staat vereffen is nie. Dit word aanbeveel dat maandelikse rekeninge nie gebruik word vir die aankope van produksie insette nie, omdat beter rentekoerse beskikbaar is op produksie rekeninge.

LEWENDE HAWE PRODUKSIE REKENINGE: Die rekening moet vereffen word sodra die produk (melk, wol of lewende hawe) verkoop word. Dit sal gewoonlik op ‘n maandelikse basis geskied, maar die tydperk kan verleng word na ‘n 60- of 90 dag periode. Rentekoerse word op ‘n daaglikse basis bereken vanaf dag van aankope en word maandeliks gekapitaliseer tot dag van betaling.

GEWAS PRODUKSIE REKENINGE: Rentekoerse word bereken vanaf datum van aankope tot datum van betaling (aankope- tot betalingsdatum). Die maksimum periode vir gewas produksierekeninge is 8 maande en behoort so gou moontlik na oestyd vereffen te word. Aansoeke vir uitstel kan in uitsonderlike omstandighede vir ‘n 4 maande tydperk toegestaan word, sodat rekeninghouers ander reëlings kan tref.

RENTEKOERSE: Rentekoerse word bepaal deur die risiko faktor en dit is moontlik vir ‘n kliënt om ‘n gunstige rentekoers te verkry deur die volgende te verskaf:

Die rentekoers van toepassing word op die kliënt se staat aangetoon. Dit is belangrik om alle toepaslike informasie te verskaf sodat ‘n korrekte evalusie gemaak kan word.

MAANDSTAAT: Al die tipes rekeninge word gelys op een maandstaat ter wille van gerief. Die maandstaat kan ook per e-pos gestuur word indien die kliënt dit so verlang.

ALGEMEEN: Let daarop dat probleme rakende aankope of fakture met die senior personeel van die tak waar die aankope gemaak is aangespreek moet word. Die kredietbeheerafdeling is nie betrokke by enige verkoopstransaksies nie en kan dus nie krediet verskaf vir onaanvaarbare aankope of produkte wat omgeruil moet word nie. Die kredietbeheer-afdeling sal graag behulpsaam wees met enige rekeningnavrae of met kredietreëlings.

Kontak gerus ons hulplynpersoneel:

MosselBaai: Elizabeth Viljoen/Zuriëtte van Rensburg 044 6011200
George: Maria Saayman 044 8014500
Riversdal: Jonelle Fiet 028 7132404
Avontuur: Marietjie Kemp 044 7523004

Verwante Dokumente:


Aansoek om ID kaart vir rekeninghouers Aansoek om ID kaart vir rekeninghouers (78 KB)


Aansoek om produksierekening Aansoek om produksierekening (167 KB)


Kredietaansoekvorm Kredietaansoekvorm (344 KB)


Taalbeleidvorm Taalbeleidvorm (134 KB)