Image18

Soek Winkels

Vind 'n Tuinroete Agri winkel in jou area!

Kleinhandel


Die kleinhandel is daarop gerig om op ‘n gespesialiseerde en kompeterende basis in die behoeftes van die landbou, die algemene publiek asook private en regeringinstansies te voorsien. Die onderstaande is ‘n opsomming van die belangrikste produkgroepe:


  • Brandstof, gas en smeermiddels
  • Boumateriaal en gereedskap
  • Buitelewe en kampering
  • Kruideniersware en deliprodukte
  • Drank
  • Klere en Veiligheidsklere
  • Verf en sement
  • Hardeware
  • Tuinbou en besproeiing
  • Troeteldierbenodighede
  • Elektrieseware

Tuinroete Agri Verf


Vind inspirasie en kleur by enige van ons verfsentrums in Tuinroete Agritakke. Ons voorsien die hele spektrum insluitende dekoratiewe-, spesialis –, voertuig- en industriële verwe.   By ons verfafdelings is diens die spreekwoord en ons beskik nie alleen oor ingeligte personeel in die afdelings nie, maar ook verf verteenwoordigers wat u ter plaatse kan besoek en voorsien van raad, spesifikasies asook kwotasies.
Ons takke in Riversdal, Stilbaai , Mosselbaai, George, Jeffreysbaai, Twee Riviere, Uniondale en Aberdeen is ook deel van die Dulux Speciality Paint Centre groep van winkels wat landswyd verf verskaf aan die Dulux Kontrakteurs. Hierdie takke verskaf Dulux produkte  sowel as al die ander bykomstige produkte wat u sal benodig om u ver taak te kan verrig.

Van die bekende handelsmerke waaroor ons beskik sluit in:

Dulux, Prominent, Duram, Hamiltons.

Voertuigverwe: Sikkens, Dynacoat en Paintchem.


Vir raad en advies kan u ons verteenwoordigers skakel vir ‘n afspraak:


Nardus Nel – 0823069512
Alfred Healing – 0781790984
Deon Le Roux – 0731229650
Kenneth Lindsay - 0739108247