Annelie van Wyk - Thursday, September 29, 2011
Tuinroete Agri het 66 hartjies by die Dieprivier Primêreskool in Noll aan die begin van die nuwe kwartaal baie bly gemaak. Elkeen kon die nat en koue winter aanpak met splinternuwe waterskoene geskenk deur Tuinroete Agri en Agrinet. Mev Hannie Strydom, die Takbestuurder van TRA het die waterskoene oorhandig net betyds vir die lekker reën wat die volgende week oor ons streek geval het.

Op die kyk Mnr October, die skoolhoof en Mnr Karl Rost Hoofbestuurder van TRA, na die oorhandiging. Op foto 2 spog van die leerders met hulle nuwe waterskoene.

Groete
Annelie van Wyk
Tuinroete Agri
Hoofbestuurder: Menslike Hulpbronne en Korporatiewe Kommunikasie
Tel: 044 601 1200
Faks: 086 519 7811