Annelie van Wyk - Thursday, September 29, 2011
Min mense weet dat TRA oor ‘n depot genaamd “Babes se winkel” in die Baviaanskloof beskik. Babes Nortje en haar man Gustav wat albei boorlinge van die Baviaanskloof is, bestuur die winkel al sedert 1970.
Babes se winkel is in die middel van die Kloof, ongeveer ‘n uur en ‘n half se ry van Willowmore en Uniondale. Tuinroete Agri lewer twee tot vier weekliks produkte, soos voere, olies, veemedisyne, kunsmis, sement, hardeware, ens aan kliënte.
Die winkel herinner baie aan die plaaswinkels van vanmelewe en Gustav, wat die Kloof soos die palm van sy hand ken, vertel graag van die ou dae.

Gustav en Babs Nortje
Maak gerus ‘n draai daar. Dis Tuinroete Agri se winkel wat die mooiste geleë is tussen hoë berge met rus en vrede wat hier hoogty vier.