Annelie van Wyk - Tuesday, September 27, 2011
Ons het eindelik begin met die lang verwagte herbou van die tak op Knysna. Hierdie nuwe ontwikkeling behoort teen die einde van 2011 voltooi te wees. Behalwe vir 'n baie groter gebou, sal die nuwe perseel beskik oor baie meer parkeerruimte asook 'n vulstasie wat gelyktydig agt voertuie kan bedien teenoor die huidige twee.
Fase Een: Rig 'n nuwe voerstoor en vulstasie op wat na beplanning tussen Mei en Junie 2011 voltooi te wees. Hierdie gedeelte is aan die agterkant van die perseel geleë oorkant Gordonstraat, sodra hierdie gedeelte voltooi is sal ons begin brandstof vanuit die nuwe vulstasie verkoop en die huidige winkel sal tydelik na die voerstoor geskuif word, waar vandaan ons sal handel dryf totdat fase twee voltooi is.
Fase Twee: Breek die ou winkel en stoor af en bou die nuwe winkel. Die winkel sal rofweg drie keer so groot wees as die huidige winkel en sal ons in staat stel om baie nuwe produk reekse aan te hou wat in die verlede nie moontlik was nie as gevolg van die beperkte spasie. Aan die einde van hierdie fase sal die alles weer terug geskuif word vanaf die voerstoor na die winkel waarvandaan handel soos normaal sal voortgaan. Hierdie fase behoort tussen Oktober en November voltooi te wees. Die voltooide perseel sal spog met 65 parkeer plekke asook 'n algehele plavei area. Dus geen modder of stof meer nie.
Handelwinkel: Alles sal bly soos dit nou is totdat fase een voltooi is, waarna ons sal oorskuif na die tydelike winkel in die voerstoor. Die ingang na die tydelike winkel sal slegs vanaf Waterfront rylaan beskikbaar wees en die uitgang sal in Gordonstraat invloei.
Voerstoor: Ons sal die volle reeks voerstoor produkte aanhou, maar wel in kleiner hoeveelhede in 'n tydelike stoor wat aan die kant van ons hoofgebou is. Toegang is slegs vanaf Waterfront rylaan beskikbaar met die uitgang wat invloei in Gordonstraat in.
Brandstof: Ons sal met een hoe volume diesel pomp aan die oostelike kant van die huidige gebou werk, sodat ons ten minste kan voortgaan om diesel te verskaf. Die ingang na die diesel pomp sal vanaf Waterfront rylaan wees met die uitgang wat invloei in Gordonstraat.
Verf & Gas: Soos die meeste van ons kliente weet is daar alreeds 'n nuwe winkel geopen Agri Verf & Gas wat in Gordonstraat geleë is. Hierdie winkel is al ten volle operasioneel en sal sorg dat kontrakteurs 'n deurlopende diens sal kry.
Aflewerings: Ons sal voortgaan om aflewerings te doen. Sou u van die diens wil gebruik maak kan u ons kontak by tel. (044) 382 3027 of e-pos: Liezel Westeraad
By tye sal dit redelik beknop raak en alhoewel ons, ons bes gaan doen om u inkopie ervaring so gemaklik as moontlik te maak vra ons dat u maar geduldig sal wees die jaar.
Baie dankie
Robbie Dawes