Kommunikasie

Kennisgewing aan lede van algemene jaarvergadering

Annelie van Wyk - Tuesday, October 25, 2011

Kennis geskied hiermee dat die 15de Jaarlikse Algemene Vergadering van die Aandeelhouers van Tuinroete Agri Bpk gehou sal word op Vrydag 25 November 2011 om 10:00 by die Hoofkantoor te Mosselbaai (G C du Preezsaal, Industrieweg, Voorbaai, Mosselbaai).

1. Opening en Verwelkoming - Voorsitter

2. Kennisgewing van Vergadering
• Konstituering
• Voltooiing van sakelys
• Mosie van roubeklag vir afgestorwe aandeelhouers en sakevriende

3. Goedkeuring van Notule
3.1 Veertiende Algemene Jaarvergadering - 26 November 2010

4. Voorsitter: Jaarverslag

5. Bespreking van finansiële resultate 2010/2011

6. Voorsitter: Voorstelle
a. Aanvaarding van Finansiële State
b. Aanvaarding van Ouditverslag
c. Aanvaarding van Direkteursverslag
d. Goedkeuring van dividend
e. Plasing van onuitgereikte aandele onder beheer van direkteure en verlening van algemene magtiging aan direkteure
f. Spesiale besluit: Algemene magtiging aan direksie om aandele van aandeelhouers terug te koop
g. Aanstelling van die firma MeyerOtto Ing as ouditeure vir die volgende boekjaar.
h. Spesiale besluit: Direkteursvergoeding en Finansiële bystand.

7. Sekondant

8. Aanvaarding van voorstelle

9. Verkiesing van direkteure

10. Algemene sake