Die maatskappy, met sy hoofkantoor in Mosselbaai, fokus daarop om gehalte produkte teen mededingende pryse met goeie dienslewering aan boere, landbouers, tuiniers, selfdoen-entoesiaste en aan alle inwoners van ons streek te bied.
Die Tuinroete Agri Groep het nou 19 afsetpunte wat strek vanaf Riversdal in die weste tot Jeffreysbaai en Twee Riviere (Joubertina) in die ooste en van Mosselbaai en George in die suide tot Aberdeen in die noorde. Die syfer sluit 3 silo komplekse, ‘n verpakkingsdepot by Haarlem in die Langkloof en ’n depot in die Baviaanskloof in.
‘n Fokus area is die verskaffing van landbou insette soos veevoere, omheiningsmateriaal, watertenks, saad, kunsmis, besproeiing, spuitstowwe, pakmateriaal, graanopberging en -skoonmaak en veeartsenyprodukte. ‘n Wye reeks gehalte produkte word teen mededingende pryse aangebied en sluit hardeware, verf, gereedskap, kruideniersware, troeteldierbenodighede, buitelewe produkte asook tuin- en boubenodigdhede in.
Ons beding namens landbouers die aankope van groot volume produkte teen uiters mededingende pryse. Sulke produkte word vanaf die verskaffer direk op die plaas afgelewer en word gewoonlik deur Tuinroete Agri gefinansier.
Buiten genoemde handelsaktiwiteite bemark ons ook korttermyn- en oesversekering van al die groot en bekende Versekeraars in SA vanuit drie streekkantore te Avontuur, Mosselbaai en Riversdal.