Meer oor ons

Tuinroete Agri se hoofkantoor is gevestig in Mosselbaai. Die Groep fokus daarop om gehalte produkte teen mededingende pryse met goeie dienslewering aan landbouers, tuiniers, boukontrakteurs, verfkontrakteurs, selfdoen-entoesiaste en aan alle inwoners van ons streek te bied.

Die Tuinroete Agri Groep het nou 19 streekafsetpunte wat strek vanaf Riversdal in die weste tot Jeffreysbaai en Twee Riviere (Joubertina) in die ooste en van Mosselbaai en George in die suide tot Aberdeen in die noorde. Die syfer sluit 3 silo komplekse, ‘n verpakkingsdepot by Haarlem in die Langkloof en ’n depot in die Baviaanskloof in.

‘n Wye reeks gehalte produkte word teen mededingende pryse aangebied en sluit hardeware, verf, gereedskap, kruideniersware, troeteldierbenodighede,  buitelewe produkte asook tuin- en boubenodigdhede in. ‘n Fokus area is die verskaffing van landbouprodukte soos veevoere, omheiningsmateriaal, watertenks, saad, kunsmis, besproeiing, spuitstowwe en veeartsenyprodukte.

Ons beding namens landbouers die aankope van groot volume produkte teen uiters mededingende pryse. Sulke produkte word gewoonlik vanaf die verskaffer direk op die plaas afgelewer en kan deur TRA gefinansier word.

Buiten genoemde handelsaktiwiteite bemark ons ook korttermynversekering en oesversekering van al die groot en bekende Versekeraars in SA vanuit drie streekkantore te Avontuur, Mosselbaai en Riversdal.


Winkelure (sien winkelure per tak)